Vrouekeur bied in samewerking met Filmfinity en Starburst Promotions ’n eksklusiewe geleentheid aan waar ’n paar gelukkige lesers die fliek Military Wives kan kyk, met bekendes skouers kan skuur en ’n draai op die rooi tapyt maak!
Dit vind om 18:30 op 18 Maart by Movies@MonteCasino in Fourways plaas en sluit ’n drankie en versnaperings in. Die fliek begin om 19:30. Kaartjies kan slegs gewen word.
(Military Wives begin op 20 Maart 2020 landwyd wys en het ’n ouderdomsbeperking van 13.)
40 gelukkige lesers kan elk dubbelkaartjies na die fliek wen. SMS FLIEK gevolg deur jou naam, van en adres voor 11 Maart 2020 na 48410. SMS’e kos R1,50 en is net vir mense in SA. Geld word vir foutiewe sleutelwoorde gehef en gratis SMS’e geld nie.
Bepalingsen voorwaardes: Deur vir hierdie kompetisie in te skryf, gee jy Caxtontydskrifte die reg om ander Caxtontydskrifaanbiedinge aan jou te bied.
Wenners is vir hul eie vervoer na die fliek verantwoordelik. Slegs Gauteng-inwoners sal in aanmerking vir die trekking kom
Meer oor Military Wives
As flieks soos Calendar Girls en The Full Monty op jou lys van gunstelinge is, gaan jy beslis mal wees oor regisseur Peter Cattaneo se jongste fliek Military Wives, wat binnekort op plaaslike skerms te sien is.
Met dié projek het hy dit weereens reggekry om die ware verhaal van gewone vroue – wat onverwags bekendheid verwerf – te omskep in ’n warm, humoristiese en inspirerende rolprent. Military Wives vertel die storie van ’n groep vroue wat ’n sukses maak van dit wat veronderstel was om ’n terapeutiese stokperdjie te wees. Die draaiboek, wat deur Rosanne Flynn en Rachel Tunnard geskryf is om hulde te bring aan vroue wat saamstaan, draai om die pogings van soldate se vroue om hulle gemoedere te lig wanneer hulle mans gaan oorlog maak.
Military Wives is gegrond op die ware verhaal van die koormeester, Gareth Malone, wat in 2011 ’n groep vroue onder sy vlerk geneem het terwyl hy besig was om aan die BBC-program, The Choir, te werk. Navorsing het getoon dat koorsang help om stres te verminder en eensaamheid, angs en depressie te bekamp. Malone se doel was om die vroue en meisies van soldate te help om hul gevoelens weer te gee deur middel van musiek. Wat begin het as ’n stokperdjie, het aansienlik gegroei oor die afgelope dekade – daar is nou meer as 2 300 vroue met weermagverbintenisse in 75 kore regoor Brittanje en oorsee.
Met Kristin Scott Thomas en Sharon Horgan in die hoofrolle, plaas Military Wives klem op hoe diegene wat agterbly wanneer die manne oorlog toe gaan in ’n roetine verval, terwyl hulle wag vir hulle geliefdes om terug te keer en hoop om nooit slegte tyding te kry nie.
Kate (Scott Thomas) is netjies en georganiseerd, terwyl Lisa (Horgan) meer gemaklik en onkonvensioneel is. Saam vorm hulle ’n onverwagse vennootskap wat lei tot die eerste koor vir soldate se vroue. Hierdie koor help nie net dié vroue deur van die moeilikste oomblikke in hulle lewens nie, maar word ook mediasensasie wat die weg baan vir soortgelyke pogings regoor die wêreld.
Military Wives is ’n inspirerende goedvoelrolprent oor vriendskap, liefde en ondersteuning binne ’n gemeenskap. Die fliek word plaaslik versprei deur Filmfinity (Edms) Bpk. en sal vanaf 20 Maart 2020 in bioskope te sien wees.
Kyk die lokprent hier: https://www.youtube.com/watch?v=KLPBiYXsKPQ
INTERNASIONALE SKAKELS
Facebook: @militarywivesmovie
Nuts About Movies: https://www.facebook.com/NutsAboutMovies/