4 lesers kan dubbelkaartjies te wen!
Steven Berg, ’n veselkunstenaar en realiteitstelevisiester met ’n magdom ervaring, ’n gewaagde sin vir styl en ’n onwrikbare geloof in die krag van kreatiwiteit wat brei- en hekelwerk kan bied, sal Suid-Afrika van 13 tot 20 Mei 2017 besoek. Die geleentheid in Kaapstad vind op 20 Mei by die Kaapse Instituut vir Handwerk en Ontwerp (CCDI) plaas en kaartjies kan nou by Webtickets gekoop word.
Steven Berg (ook bekend as StevenBe), die rockster van die breigemeenskap en ’n groot aanhanger van sybokhaar wat plaaslik in Suid-Afrika geproduseer word, sal Suid-Afrika vlugtig besoek vir ’n kort maar interessante toer om verskeie breiwerksessies saam met Sybokhaar Suid-Afrika (SSA) aan te bied. Brei-entoesiaste sal die geleentheid hê om al die geheime en steke by een van die breigemeenskap se voorste kundiges te leer.
As eienaar van StevenBe se ontwerp-, vesel- en wolwinkel in Minneapolis, druk Berg steeds sy stempel op die bedryf af. StevenBe, ’n voormalige korporatiewe ontwerper wie se CV onder andere Munsingwear, Perry Ellis en Versace insluit, kombineer sy passie vir breiwerk met sy oog vir ontwerp. Van plaaslike entoesiaste tot filmsterre is aanhangers, insluitend Hollywood-bekendes wat graag sy truie en breiwol opkoop.
In 2003 het Berg saam met sy suster die Yarn Garage in Rosemount geopen. Hierdie groot winkel met ’n volledige wol-, breiwerk- en naaldwerkdiens het vinnig ’n eenstopplek vir entoesiaste geword. StevenBe het net meer as ’n jaar gelede uitgebrei en ’n tweede winkel onder die naam van sy reeks in Minneapolis geopen. Hierdie nuwe spasie bied hom die geleentheid om die breiwerk-, hekelwerk- en naaldwerkgemeenskap nog beter te bereik.
“Vir daardie brei-entoesiaste wat eerste wil wees om meer oor nuwe breiwol, tegnieke, kleure en tekstiele van reg oor die wêreld uit te vind, bespreek julle kaartjies nou!” sê Lindsay Humphreys van Sybokhaar Suid-Afrika. “StevenBe is ’n ware kenner op sy gebied en ons kan nie wag om hom in Suid-Afrika te verwelkom nie.”
4 lesers kan elk ‘n dubbelkaartjie wen na The Best of Steven Be, 20 Mei, 14:00 – 16:00 by die Kaapse Instituut vir Handwerk en Ontwerp (CCDI), Kaapstad.
LET WEL: Om deel te neem aan die kompetisie moet jy in die Kaap bly, en eie vervoer na die geleentheid hê.
Om in te skryf, vul die onderstaande vorm in:
[ninja_form id=25]