Shaleen Surtie-Richards is na 30 jaar terug in die rol van Fiela se kind by Emperors Palace!
God vergewe ons baie, maar God vergewe ons nie die kwaad wat ons ´n kind aandoen nie. Die bruin vrou Fiela Komoetie het haar wit vondelingkind Benjamin met liefde en trots grootgemaak, tot die dag nege jaar later dat die sensusmanne hom kom haal het. “Hulle het hom net kom vat … sommer net so!” het Fiela Komoetie gesê. Aan die ander kant van die berg, in die Bos, woon die houtkapper Elias van Rooyen en sy vrou Barta, wie se driejarige Lukas weggeraak het. Is Benjamin en Lukas dieselfde kind? Jare later is dit Benjamin/Lukas self wat worstel met die vraag: wie is ek? Hy móét weet, anders kan die vrou wat hy liefgekry het nooit syne wees nie. Die antwoord is daar, weet hy: iewers in homself, diep verskuil in die verlede, bly dit hom ontwyk.
Dalene Matthee se baie bekende Fiela se Kind toer vanjaar landwyd en besoek Emperors Palace in Gauteng vanaf 20 Junie tot 2 Julie 2017. Besprekings kan gedoen word deur Computicket te skakel by 0861 915 8000, of bespreek aanlyn www.computicket.com. Vir groepbesprekings en skoolbesprekings, skakel Lefra by (011) 815-3000 of stuur ’n e-pos na [email protected]. Die beplande speelvakke vir 2017 lyk soos volg:
- 5 tot 8 Julie 2017: Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees, Nelspruit
- 18 tot 22 Julie 2017: Vrystaat Kunstefees, Bloemfontein
- 21 tot 27 Augustus 2017: Baxterteater, Kaapstad
- 28 Augustus tot 3 September 2017: Atterburyteater, Pretoria
Die produksie word aangebied met die trotse ondersteuning van Stuttaford van Lines, RSG en Sounds Good.
Fiela se Kind speel in die Theatre of Marcellus by Emperors Palace vanaf 20 Junie tot 2 Julie, Dinsdae tot Saterdae @ 20:00; Saterdae en Sondae @ 15:00.
Besprekings kan gedoen word deur Computicket te skakel by 0861 915 8000, of bespreek aanlyn www.computicket.com. Vir groepbesprekings en skoolbesprekings, skakel Lefra by (011) 815-3000 of stuur ’n e-pos na [email protected].
WEN WEN WEN!
Drie lesers kan elkeen ‘n dubbelkaartjie wen na die openingsaand van Fiela se Kind by Emperors Palace op Dinsdag, 20 Junie om 20:00. Om deel te neem aan Vrouekeur en Lefra Produksies se kompetisie, kan jy die volgende na 33000 SMS: LEFRA FIELA VROUEKEUR, dan JOU NAAM EN VAN en dan JOU STAD OF DORP. Dieselfde inligting kan ook per epos gestuur word aan [email protected] met LEFRA & VROUEKEUR FIELA KOMPETISIE as onderwerp.
Wenners sal telefonies gekontak word en die beslissing van die Redakteur is finaal.
SMS’e kos R1,50 elk.