Hierdie September kom 10 van Suid-Afrika se grootste rock legendes saam op een verhoog, in die geveg teen kanker ten bate van die Vrede Foundation.
Vir die derde jaarlikse Blood Brothers in 2017, is daar 6 nuwe lede in die rock supergroep wat aanhangers se gunsteling treffers, sowel as liedjies van hul eie helde sal speel. Die 10 lede kom bymekaar vir ’n optrede gevul met ongelooflike talent vir een onvergeetlike aand.
Ervaar die rare geleentheid om 10 van ons beste plaaslike kunstenaars op een verhoog te beleef – vir slegs een aand! Vir die eerste keer is die konsert ook te sien in ’n splinternuwe ruimte – die bekende The Good Luck Bar in Johannesburg.
Hierdie jaar se kunstenaars sluit in: Veteraan Blood Brothers Francois van Coke, Albert Frost, Kobus De Kock Jnr en Jason Hinch, asook nuwelinge Garth Barnes, Hanu De Jong, Chris Van Der Walt, Jaco Mans, Jason Oosthuizen, Loandi Boersma en aanhangers kan self uitsien na ’n paar verrassings op die aand!
Meer inligting oor die geleentheid
Datum: 30 September 2017
Plek: The Good Luck Bar, Johannesburg
Ingangsfooi: R200 & R250
Time: 14h00 – 90’s voorpartytjie | 20h00 Blood Brothers
Bespreek aanlyn: Plankton http://bit.ly/2tfDo6b
Facebook-geleentheid: http://bit.ly/2t3IFcI
1 leser kan ’n dubelkaartjie na dié geleentheid wen. Om in te skryf, vul die onderstaande vorm in
Oops! We could not locate your form.