Proe die beste van Suid-Afrika by die eerste Pinotage & Biltongfees, Saterdag en Sondag 14 en 15 Oktober by die Leriba Hotel in Centurion.
Met twee van ons land se mees ikoniese produkte by die skou, kan besoekers verseker wees van ‘n fantastiese dag vol goeie wyne, verskeie biltonggeure en items, en verwante produkte soos droëwors. Feesgangers kan ‘n paar van Suid-Afrika se beste rooi Pinotages proe, of alternatiewe soos rosé’s, vonkelwyne, versnitte, dessertwyne en selfs ‘n wit Pinotage probeer!
Die geleentheid is gesinsvriendelik met lewendige musiek, ligte etes en gemaklike sitplekke onder die bome langs die rivier. Die Pebbles Project, ‘n geregistreerde liefdadigheidsorganisasie, is verantwoordelik vir die kinderspeelplek waar kinders vermaak word terwyl hul ouers die dag geniet.
Kaartjies kos R220 pp aanlyn by www.plankton.mobi of www.computicket.com en sluit ‘n wynglas vir die wynproe in, sowel as ‘n Pinotage & Biltongfees-padkaart. Kaartjies by die hek is R250 pp. Kinders onder 18 is gratis.
Vir meer inligting besoek www.cvomarketing.co.za of klik hier om die Facebok-blad van die Pinotage & Biltong Festival te besoek.
Die Pinotage & Biltongfees is verbind tot die verantwoordelike verbruik van alkohol en alkohol sal nie vir kinders onder 18 jaar bedien word nie. ‘n Gratis pendeldiens is beskikbaar vir kaartjiehouers van die Gautreinstasie in Centurion en die gebruik van openbare vervoer word aanbeveel.
2 lesers kan elk dubbelkaartjies wen na die Pinotage- & Biltongfees. Vul die oderstaande vorm in om in te skryf
[ninja_form id=35]