Een gelukkige leser kan 2 aande se verblyf wen plus ontbyt vir twee mense in ‘n luukse chalet.
Die lodge is geleë tussen die rooi sandduine van die Kalahari. Dit is 250 km van Upington-lughawe en net 5km van die gewilde Kgalagadi Transfrontier Park.
Of jy opsoek is na ‘n oorslaap-plek na jou bestemming, die nasionale park wil verken of net opsoek is na die perfekte wegbreek, Kgalagadi Lodge is die oplossing. Daar is ‘n restaurant met trots Suid-Afrikaanse kos, winketjie, drank winkel en piekniek mandjies vir die wat die park besoek – hulle bied alles wat jy moontlik nodig kan hê vir jou vakansie.
Daar is drie- en vierster chalets, sowel as ‘n vierster kampterrein met ‘n swembad en vuurpit. Of jy nou die son wil sien opkom in die vroeë oggend of na die sterre wil kyk, Kgalagadi Lodge bied die beste uitsigte wat jou terugkeer sal verseker.
Besoek http://www.kgalagadi-lodge.co.za/vir meer inligting
Die prys van R2200 sluit die volgende in:
- Twee aande se verblyf vir twee gaste in ‘n selfsorgeenheid
- ‘n Volle Engelse ontbyt elke oggend
Reels van die kompetisie:
- Die prys is nie oordraagbaar or te ruil vir kontant
- Die prys is onderhewig aan beskikbaar heid en geldig vir 6 maande.
- Die prys sluit vervoer na die bestemming, verversings, spyseniering en enige ander ekstras UIT.