6 gelukkige Vrouekeur-lesers kan elk ’n Red Reading Box wen!
Wat beter manier om jongmense te bemagtig, as om hulle te help om feite oor hul wêreld en hulself te ontdek deur die gawe van lees. Elke jaar se Red Reading Box het ‘n fassinerende tema en hierdie jaar is nie anders nie. Die tema vir hierdie jaar is “Finding Facts” en is ook visueel aantreklik met die superheld-tema. Dit is ontwerp om kinders te help om hul spesiale vaardighede te ontdek deur middel van ‘n ontdekkingsreis wat begin en eindig met lees. Kinders word geleer dat lees hulle superkrag is … Dit is die sleutel om feite oor die wêreld rondom hulle te ontsluit, oor wat hulle interesseer en waarmee hulle goed is!
In die 2018 Red Reading Box is ‘n Finding Facts Magazine – ‘n plek om uit te vind oor ons voorouers, ons familie, ons land en ons kultuur. Die Superhero Journal is ‘n reis van selfontdekking, en ‘Everyday Heroes‘ is ‘n boek vol stories oor kinders soortgelyk aan die lesers. Die boek ‘Finding Facts Cut-Outs‘ bevat instruksies vir al die speletjies in die boks, sowel as pretuitknipsels. Speletjies sluit ‘n Flags of Africa spel, Word Power Playing Cards en meer in.
1 gelukkige leser kan ‘n Red Reading Box 2018 wen en 5 ander gelukkige lesers kan elk Red Reading Boxes 2017/2016/2015 wen.
Om in te skryf vir die kompetisie, vul die onderstaande vorm in:
Oops! We could not locate your form.