10 lesers kan elk ’n geskenkbewys van Enterprise wen!
Deur vinnig en maklike disse vir jou gesin te kook hoef jy nie op kwaliteit en smaak in te boet nie. Gelukkig verstaan Enterprise hierdie dilemma baie goed, daarom streef hulle daarna om gehalte produkte, vir maaltye in ’n japtrap, aan gesinne regoor Suid-Afrika te voorsien. Boonop het hul onlangs ’n splinternuwe produk, die Enterprise Premium Pork Sausages, tot hul reeks gevoeg.
Hierdie worsies word met gehalte vleis gemaak en bevat ’n spesiale speserymengsel vir ’n liplekker smaak. Elke worsie het ook ’n natuurlike omhulsel sodat elke hap ’n smulpaap-ervaring op sy eie is. So ook word dié worsies deur ’n Individuele, Vinninge, Friesproses (IQF) geplaas ten einde te verseker dat hul varsheid behoue bly.
Enige kosliefhebber sal ook bly wees om te hoor dat hierdie worsies, van die kookwêreld se voorste smaak-kombinasies behels. Meer spesifiek is dié Enterprise Premium Pork Sausages in drie geure beskikbaar: Klassiek, Sriracha en Gerookte Peper.
Probeer gerus hierdie resep wanneer jy jou Enterprise Premium Pork Sausages aankoop:
Bestanddele
4 tot 6 worsrolletjies
400g Enterprise Premium Pork Sausages – ontdooi en die omhulsel afgetrek
1 teelepel knoffel
½ blik Koo Perske-helftes, gedreineer en in die helfte gesny
½ blik Koo Kekerertjies, gedreineer
3 teelepels sprietui, gesny
1 teelepel
Rissie, fyngekap
2 teelepels Rooi, Thai-kerriepasta
1 eetlepel Vissous
2 Eiers
3 eetlepels Vars koriander, fyngekap
Sout en peper
Eierwas
Sesamsaad
Skilferkorsdeeg in reghoeke gesny
Doopsous
½ koppie Mrs Balls Soetrissie-sous
½ blik Koo Perske-helftes, gedreineer en in die helfte gesny
2 teelepels Sojasous
1 teelepel
Vars koriander, fyngekap
Metode:
Voorverhit die oond tot 180’C
Vir die doopsous:
- Meng al die bestanddele en laat dit vir 15min staan.
Vir die worsrolletjies:
- Plaas die Enterprise Premium Pork Sausages, perskes, knoffel, kekerertjies, sprietui, rissie, kerriepasta, vissous en eie in ’n voedselverwerker en verwerk tot alles gekombineer is. Vou die koriander in en voeg sout en peper by. Plaas die mengsel eenkant.
- Rol die skilferkorsdeeg in langwerpige reghoeke. Neem die Enterprise Premium Pork Sausages-mengsel en rol dit in lang worsie-vorms. Plaas die mengsel op die punt van die skilferkorsdeeg. Neem die borsel en vee water oor die deeg voordat jy dit oor die mengsel rol.
- Herhaal tot die mengsel opgebruik is.
- Gebruik ’n skerp mes en sny klein openinge op die bokant van elke worsrolletjie. Neem die borsel en vee die eierwas oor elke rolletjie en sprinkel met sesamsaad.
- Plaas die worsrolletjies op die bakplaat en bak vir 15min.
- Bedien met die doopsous of saam met ’n heerlike slaai.
- Wenk! Gebruik maalvleis of garnale vir variasie.
*Enterprise Premium Pork Sausages is landswyd by kleinhandelaars beskikbaar.
10 lesers kan elk ’n Enterprise-geskenkbewys van R250 WEN!
Oops! We could not locate your form.