Selfs superhelde het nou en dan ’n aftydjie nodig en The Color Run Jozi vier hulle op 10 September 2017!
Mense van Johannesburg – The Color Run se Superhelde-toer is uiteindelik hier. Sluit aan by duisende mede-superhelde as hulle hierdie September bymekaar kom om geluk, gesondheid, individualiteit en gemeenskap op die mees kleurvolle manier te vier.
So, wat is dit? The Color Run is wêreldwyd bekend as die gelukkigste vyf kilometer op die planeet. Dit is ‘n onbeplande 5km-pretloopbaan en The Color Run het die reëls tot ‘n minimum gehou – want wie hou van reëls?
Reël #1: Dra wit by die beginstreep
Reël #2: Voltooi die wedloop baie kleurvol – omdat reënboë saak maak, selfs vir superhelde!
En soos superhelde weet, gaan dit nooit oor hulle nie. The Color Run South Africa het in 2016 meer as R500,000 vir plaaslike oorsake- en opvoedkundige-inisiatiewe in die gebiede waar dit aangebied was, ingesamel. Daarbenewens word R10 van elke gekoopte kaartjie via Capitec Bank – The Color Run se hoofborg – geskenk aan hul opvoedkundige opheffingsprogram.
Wanneer: 10 September 2017
Waar: Rooseveldt Hoërskool, Emmarentia, Johannesburg
Tyd: 09H00 vir 10H00
Kaartjies: http://thecolorrun.co.za en op Facebook: www.facebook.com/TheColorRunSouthAfrica
Individuele kaartjiepryse is R270 en R245 vir groepe van vier of meer. Kaartjies wat gekoop word op die dag kos R300.
Moenie vergeet nie: Mini-superheroes onder die ouderdom van 10 hardloop gratis!
5 lesers kan elk dubbelkaartjies na The Color Run Jozi wen. Om in te skryf, vul die onderstaande vorm in
[ninja_form id=36]