Glans en welwillendheid vat op Saterdag 28 Oktober vir die derde keer hande by die Cell C Playing for Pink Ladies Invitational 2017.
Die jaarlikse geleentheid, aangebied deur Edith Unlimited, word by die Inanda-klub in Sandton, Johannesburg gehou.
Die doel daarvan is om geld vir Reach for Recovery in te samel ter ondersteuning van borskankerbewustheid, terwyl dit op dieselfde tyd ‘n ongelooflike dag van sportmanskap, vermaak, mode en pamperlang is.
“Deel van ons rol as pilare in ons gemeenskap is om ons onwrikbare ondersteuning aan die vroue in ons gemeenskap wat in nood is, aan te bied. Met een uit elke 26 vroue wat moontlik met borskanker gediagnoseer word, is dit ons plig om saam te kom en fondse in te samel vir diegene wat nie toegang het tot die ondersteuning en sorg wat nodig is om hierdie siekte te oorkom nie.
“Die Cell C Playing for Pink Ladies Invitational 2017 gee ons ‘n wonderlike geleentheid om alles wat ons unieke vroue maak, te vier terwyl ons ‘n standpunt inneem vir diegene wat nie in staat is om dit te doen weens hul siekte nie,” sê uitvoerende hoof van Edith Unlimited , Edith Venter.
Kaartjies is by Ticketpro beskikbaar met algemene toegang vanaf R650 per kaartjie. Besoek www.ticketpros.co.za om jou toegang tot hierdie gesogte geleentheid te bespreek. Gasvryheidspakkette is ook beskikbaar en kan bespreek word 011 783 5887 of www.edithunlimited.co.za.
1 leser kan ’n geskenkpak ter waarde van R3 530 wen, wat kaartjies na dié geleentheid insluit! Die geskenkpak sluit die volgende in:
- Kaartjies na die geleentheid – R1 300
- Les Grande Deux-oorbelle van Jenni Gault International – R600
- Clarins Double Serum 50 ml – R 1180
- Ocean Therapy-geskenkpak – R450
Vul die onderstaande vorm in om in te skryf
[ninja_form id=34]