10 lesers kan elk dubbelkaartjies wen na die tweede Say Cheese! Vakman-kaasskou wat op 30 September en 1 Oktober by die Italiaanse klub in Milnerton plaasvind
Handkaasmakers van reg oor Suid-Afrika sal vanjaar se Say Cheese! Vakman-kaasskou op 30 September en 1 Oktober by die Italiaanse Klub, Milnerton bywoon. Hierdie prima kaasgeleentheid, die geesteskind van die baie bekende kosfoendie Miki Ciman, sal kaasmakers en kaasliefhebbers, bakkers en brouers, en alle lekker geure byeenbring.
“Verlede jaar se geleentheid was uiters suksesvol met uitstekende terugvoer van beide uitstallers en besoekers,” sê Kiki Ciman-Frauenknecht. “Vanjaar se geleentheid beloof om weer eens ’n kaasliefhebbersparadys te wees, wat op die buitengewone plaaslike talent in Suid-Afrika sal fokus. Baie van hulle is kleinvervaardigers wat selde buite hul gebiede reis om hul kaas te bemark en sommige vervaardig die land se seldsaamste kaas.”
Mede-organiseerder Elize Nel van A3 Technologies voeg by dat besoekers gaande is oor die feit dat hulle interaktief kan skakel met die kaasmakers, wat geesdriftig verbind is tot hul ambag. “Sommige kaasmakers vervaardig hul kaas van bokmelk, ander van koeimelk en sommige van ’n mengsel. Die resultate gee ’n hele palet van gastronomiese genot van sagte tot harde kaas met sout, pikante geure. Hulle kry almal die geleentheid om op ’n bekostigbare wyse met die vrugte van hul arbeid by Say Cheese! te spog.”
’n Lewendige naweekprogram spog met van die voorste kaaskundiges, kosblogskrywers, sjefs en wynmakers wat kos-en-wynkombinasies aanbied, asook kaasmaakdemonstrasies. “Hetsy jy mal is oor chèvre of cheddar, mozzarella of maasdam, pecorino of provolone, sal jy groot waardering hê vir van die beste kleinskaalvervaardigde handgemaakte kaas in ’n intieme omgewing. Dit beloof om ’n kosparadys te wees!” sê Ciman-Frauenknecht.
Kaartjies sal by die deur beskikbaar wees teen ’n koste van R90 vir volwassenes, R55 vir pensioenarisse en skoliere tussen 12 en 18 jaar, met kinders onder 12 wat gratis toegang geniet.
Vir meer besonderhede, e-pos asb. vir Kiki by [email protected] of skakel Elise by 072 795 4214.
Oops! We could not locate your form.