Volgens ‘n nuwe studie is dit nie net nuwe ma’s wat nageboortelike depressie ervaar nie
Deur ZERELDA ESTERHUIZEN
‘n Nuwe studie wat in die Journal of the American Medical Association gepubliseer is, dui aan dat een uit elke 50 pa’s voor hul kinders se geboorte depressief voel en een uit elke 25 voel depressief daarna.
Stres en swak gesondheid is van die bydraende faktore. Die studieleier Lisa Underwood van die Auckland-universiteit sê daar moet ‘n fokus op die pa en die ma se geestesgesondheid wees en dit sal wys wees om jou dokter daaroor uit te vra.
Bron: www.radionz.co.nz