‘n Kofta is deel van die frikkadel-familie. Probeer gerus hierdie lekker resep
4 porsies
ongeveer 8 dik sosatiestokkies
KOFTAS
600 g lams- of beesmaalvleis
handvol vars koljander, fyngekap
handvol vars pietersielie, fyngekap
2 menttakkies, fyngekap (opsioneel)
5 ml (1 t) knoffel, gekap
1 rooi ui, fyngekap
5 ml (1 t) fyngemaalde jeera
knypie rooipeper
2,5 ml (½ t) fyn kaneel
5 ml (1 t) sout
knypie swartpeper
250 ml (1 k) vars broodkrummels
2 eiers, geklits
AVOKADOSALSA
2 avokado’s
15 ml (1 e) suurlemoensap
2 tamaties, ontpit en in klein blokkies
gesny
1 rooi brandrissie, ontpit en fyngekap
sout en peper na smaak
- Week sosatiestokkies in water om te voorkom dat dit brand.
- Koftas Voeg al die bestanddele vir koftas bymekaar. Roer tot goed gemeng.
- Vorm ovaalvormige frikkadelle rondom sosatiestokkies.
- Verhit bietjie olie in braaipan en braai koftas tot gaar, ongeveer vyf minute aan albei kante. Jy kan koftas ook oor kole braai.
- Avokadosalsa Sny avokado’s in blokkies. Sprinkel suurlemoensap bo-oor.
- Voeg oorblywende slaaibestanddele by. Moenie te veel roer nie.
- Sit saam met koftas voor.