Sien jy om in die oggend daarteen op om op te staan? Is jou lewe saai en vervelig?
Jy is dalk in ‘n groef. Lees gerus in die week se Vrouekeur oor maniere om jouself te herskep.
Beantwoord die onderstaande vraelys om uit te vind of jy in ‘n groef is.
- Is jy dag na dag in dieselfde roetine vasgevang?
- Is jou lewe saai en vervelig?
- Doen jy dinge oor en oor op dieselfde manier?
- Is jy bang om te waag?
- Maak jou omstandighede jou depressief?
- Strek die toekoms uitsigloos voor jou uit?
- Sukkel jy om weg te breek en iets nuuts te probeer?
- Hou jy rigied aan reëls en roetine vas?
- Verkies jy ‘n voorspelbare lewe?
- Maak verandering jou angstig?
- Hou jy daarvan om by die bekende te bly?
- Laat die bekende jou veilig voel?
- Voel jy asof jy in ‘n tronk is en vasgevang is?
- Glo jy dat jy ‘n gevangene van jou omstandighede is?
- Dink jy jy kan nie verander nie?
- Droom jy van ‘n ander tipe lewe?
- Maak jy tyd vir stokperdjies en vriende?
Indien jy meesal “ja” op bogenoemde vrae antwoord, is jy dalk in ‘n groef. Oorweeg dit om professionele hulp te kry. Jy moet self iets doen om uit jou omstandighede weg te breek. Die Chinese het ‘n spreekwoord wat sê: “Die deur se handvatsel is altyd aan die binnekant.”