Skilferkorsdeeg is maklik om te gebruik. Hou altyd ’n rol daarvan in jou vrieskas
6 broodjies
HOENDER
4 hoenderborsies
750 ml (3 k) water
5 ml (1 t) droë gemengde kruie
1 lourierblaar
1 ml sout
1 ml peper
10 ml (2 t) suurlemoensap
SKILFERBROODJIE
400 g (1 rol) skilferkorsdeeg
bietjie melk vir bo-oor
HOENDERSLAAI
4 gaar hoenderborsies, in blokkies gesny
1 ui, fyngekap
1 selderystingel, fyngekap
100 g (1 pakkie) kasjoeneute, grofgekap
565 g (1 blik) lietsjies, gedreineer
2,5 ml (½ t) droë mosterdpoeier
knypie knoffelsout
125 ml (½ k) mayonnaise
125 ml (½ k) gewone jogurt
15 ml (1 e) strooisuiker
blaarslaai
Stel oond op 220 °C.
- Hoender Plaas al die bestanddele en vier hoenderborsies saam in kastrol.
- Kook tot al die water weggekook en hoender gaar is. Pasop vir brand.
- Skilferbroodjie Plaas skilferkorsdeeg op werksoppervlak en rol oop. Sny ses reghoeke van 13 cm x 10 cm.
- Plaas bakpapier op bakplaat en spuit met kossproei.
- Verf bietjie melk oor skilferkorsdeegblokke. Bak vir 20 minute tot goudbruin.
- Laat op afkoelrakkie afkoel en sny middeldeur sodat jy twee dele vir ’n broodjie het.
- Hoenderslaai Plaas hoender, ui, seldery, kasjoeneute, lietsjies en knoffelsout in bak.
- Meng mosterdpoeier en klein bietjie mayonnaise tot gladde mengsel. Voeg oorblywende mayonnaise by en roer tot glad.
- Roer jogurt en suiker by mayonnaisemengsel. Voeg sous by hoendermengsel.
- Plaas blaarslaai op onderste deel van skilferkorsbroodjie. Skep genoeg hoenderslaai op en plaas boonste gedeelte van skilferkorsbroodjie bo-op.