Volgens ’n studie kan sekere persoonlikheidseienskappe ’n mens dalk help om langer te leef
Deur ZERELDA ESTERHUIZEN
Navorsers wat hul studieresultate in die International Psychogeriatrics-joernaal gepubliseer het, sê positiwiteit, hardkoppigheid en ‘n konsensieuse werksetiek kan dalk die geheim vir ‘n langer lewe wees.
Navorsers aan die Universiteit van Kalifornië San Diego en die Universiteit van Rome La Sapienza het die fisieke en geestelike gesondheidsvlakke van ‘n groep Italianers tussen die ouderdom van 90 en 101 ondersoek en gevind dat hulle heelwat karaktertrekke deel.
Daar is byvoorbeeld bevind dat die bejaarde deelnemers ‘n baie beter geestelike welstand as hul jonger familielede ondervind.
Daar is gevind dat die ouer deelnemers nie net ‘n positiewe lewensuitkyk deel nie, maar ook sekere hardkoppige karaktertrekke wat hulle sielkundig kan bevoordeel omdat hulle minder gepla is oor wat ander mense van hulle dink.
Nog iets wat hulle deel, is hul passie vir die landelike lewe en ‘n sterk verbintenis tot familie, godsdiens en grond.
BRON: www.independent.co.uk