Die lewe is besig en mense leef by mekaar verby. Maak seker dit gebeur nie met jou en jou mense nie. Hier is ʼn paar idees om die gesinsbande te versterk
Deur ZERELDA ESTERHUIZEN
- Lees slaaptydstories vir tien minute elke aand.
- Beplan ‘n gesinsaand waar julle kan fliek kyk en speletjies speel.
- Gesels elke dag tydens aandete oor elkeen se dag.
- Bak saam koekies.
- Vertel grappies.
- Gooi hul ou klere en speelgoed uit en vat dit saam na ‘n welsynsorganisasie.
- Sing saam in die kar.
- Stel vir jul as gesin doelwitte.
- Leer saam ‘n nuwe vaardigheid aan of begin ‘n stokperdjie.
- Bou ‘n tenthuis en sit saam met hulle in die tent.
- Kampeer iewers – al is dit agter in jul erf.
- Sit buite en kyk na die sterre.
- Doen ‘n kunsprojek saam, al teken elkeen net ‘n prentjie.
- Bou iets saam, soos met Lego-stukke.
- Hou ‘n elektronikavrye dag en moenie TV kyk of enige speletjies speel nie.
- Op ‘n dag wat almal wel kan speletjies speel, vra jou kind om jou te leer hoe om sy gunstelingspeletjies te speel. Gebruik dit as bindingstyd.
- Kyk na jul ou foto’s, laat nuwes druk en sit dit in nuwe albums.
- Laat die kinders jou in die kombuis help en laat hulle poeding maak.
- Vertel vir jou kinders stories van jul familie en deel dalk ‘n bangmaakstorie of twee as hulle al ouer is.
- Beplan saam aan jul volgende gesinsuitstappie of -vakansie.
- Probeer ‘n bietjie as gesin saam iets avontuurlustigs, soos gaan klim op ‘n rotsmuur of gly met ‘n foefieslaaid.
- Gaan saam na die kwekery en koop vir elkeen ‘n plantjie wat hulle kan plant.
- Gaan hou piekniek.
- Laat jou kinders jul klere aantrek en hou ‘n vertoning.
- Skep nuwe gesinstradisies.
- Hou ‘n watergeweerkompetisie in die somer.
- Hou weeklikse gesinsvergaderings waar julle saam na die kalender kan kyk en saam dinge kan beplan.
- Gaan saam op ‘n bus- of treinrit. Die nuwe Gautrein is ʼn heerlike uitstappie vir die gesin.
- Kry ‘n spaarvarkie vir die gesin sodat julle saam vir ‘n vakansie of uitstappie kan spaar.
- Hou ‘n skattejag in die natuur.
- Hou ‘n gesinspajamapartytjie en maak ‘n groot kermisbed in die sitkamer.
- Moedig jul kinders aan met hul stokperdjies en vra uit oor hul belangstellings.
- Hou ‘n pizzapartytjie waar elkeen sy eie pizza kan bou.
- Luister en reageer as jou kinders met jou praat.
- Gaan saam biblioteek of boekwinkel doen.
Bron: http://sammyapproves.com