Daar is geen twyfel nie – tye is taai, verál na die skokkende nuus oor Suid-Afrika se rommelstatus gradering.
Die meeste mense kan deesdae skaars (of nie eens naastenby) uitkom met hul geld nie. Hierdie werklikheid gaan hand aan hand met meer stres, slapelose nagte, slegte eetgewoontes, lae produktiwiteit en selfs depressie gepaard. DebtSafe moedig daarom mense aan om gesond te wees en na hulle verstand, liggaam en algehele welstand om te sien. Die DebtSafe-span het ʼn 2017 Welstand Vraelys oor Suid-Afrikaners se gesondheid en gewoontes gehardloop. Byna 2000 mense het deel geneem aan hierdie vraelys. Die volgende resultate en bevindinge het uitgestaan bo die res en kan lig werp op die belangrikheid van algehele gesondheid.
Finansiële bekommernisse
Die meerderheid respondente dui aan dat finansiële stres hulle algemene gesondheid (71%) en stresvlakke (65%) beïnvloed. Sewe en tagtig persent spesifiseer ook dat finansiële stres bydra tot hulle gemoedstoestand deur gespanne, moeg vir geen rede, bekommerd en depressief te voel. Die grootste finansiële bekommernisse wat respondente het is dat hulle te veel skuld het en dat hulle nie in staat is om te spaar vir enige iets nie.
Eetgewoontes
Wilna Eksteen, ʼn gekwalifiseerde dieetkundige van Pretoria, Gauteng, sê mense moet goed eet om goed te voel, gesond te lyk en ʼn lang lewe te leef. Sewe en vyftig persent van die Welstand Vraelys se respondente sê dat hulle wegneemetes ʼn paar keer in ʼn maand eet. Dit beklemtoon nie net ongesonde eetgewoontes nie, maar dit knaag ook ʼn deel van hul geld weg, wat kon gespaar word vir iets belangriks. Eksteen verduidelik: “Sodra mense nie bewus is wat hulle eet en hoe hulle leef en werk nie, verloor hulle hul gedagtes in ʼn tornado van stres. Gesonde eetgewoontes is nie veronderstel om moeilik te wees nie, dit is ʼn leefstyl wat maak dat mense goed voel. As hulle goed voel, is dit moeilik om depressief en gespanne te wees.”
Oefening
Volgens die Hartstigting Vereniging van Suid-Afrika, is meer as ʼn kwart van mans en byna die helfte van dame fisies onaktief. Die DebtSafe Welstand Vraelys toon ook ʼn skokkende 61% van die respondente wat net 0-3 ure per week oefen. Die Hartstigting Vereniging van Suid-Afrika beklemtoon verder dat oefening baie belangrik is, aangesien dit langtermyn voordele vir iemand se gesondheid inhou.
Slaappatrone/-roetine
Vyf en tagtig persent dui daarop dat finansiële stres die rede is vir hulle gebrek aan ʼn goeie nag se rus. Die respondente wat slegs 0-3 uur per week oefen dui ook aan dat hulle minder as sewe ure slaap kry ʼn aand. Hierdie tipe roetine veroorsaak dat hulle meer gespanne, moeg vir geen rede, depressief en selfs ongelukkig voel.
Produktiwiteit by die werk
Finansiële stres kan ʼn mens se energie, wat ʼn direkte impak op jou produktiwiteit by die werk het, dreineer. Vier en sewentig persent van die respondente sê finansiële stres dra by tot hul lae produktiwiteitsvlakke. En die respondente meen verder dat hulle ʼn totaal van vier dae by die werk afwesig was in Maart 2017, as gevolg van hulle geestelike welstand. Byna 60% het na hul produktiwiteit as slegs normaal en ondergemiddeld verwys, instede van bogemiddeld of baie hoog.
Vanuit die bogenoemde inligting is dit duidelik dat finansiële stres ʼn impak op mense se algehele welstand het. Wikus Olivier, skuldbestuur kenner by DebtSafe, bied daarom ʼn paar wenke om seker te maak dat jy nie in ʼn stagnerende gat val nie:
- Olivier moedig Suid-Afrikaners aan om gereeld aan gesonde happies te peusel sodat suikervlakke stabiel bly, en om nie maaltye oor te slaan nie. Gesonde eetgewoontes hou nie net jou liggaam gesond nie, maar ook jou denke.
- Wanneer jy ʼn produktiewe laagtepunt bereik, sê Olivier dat jy jou energievlakke kan opstoot deur bietjie rond te loop in die kantoor, met ʼn drafstap die trappe klim of ‘lessenaar-oefeninge’ te doen. Daar is ʼn hele paar oefeninge wat jy kan begin doen – dit gee jou nie net ʼn blaaskans van jou lessenaar af nie, dit is ook pret en verfrissend.
- Olivier sê hy het uit sy eie ervaring geleer dat goeie slaappatroon en gereelde oefening hom help om nie net sy liggaam aktief en gesonde te hou nie, maar ook sy denke.
- Finansiële stres is deesdae deel van Suid-Afrikaners se lewens, maar jy kan jou bes doen om jou lading te verlig, meen Olivier. Gaan besoek jou finansiële beplanner om jou finansies in ʼn beter en nuwe rigting in te stuur. En as jy op die oomblik vasgevang is in ʼn baie slegte oorverskuldigde situasie, moenie moedeloos en depressief raak nie, kontak DebtSafe om jou te help om skuld-vry te word. Daar is verskeie professionele mense wat jou kan help, moenie skaam wees om die nodige hulp te kry rakende jou gesondheid en finansies nie, sê Olivier.
Dit is nou die tyd om iets daaraan te doen – begin, en blaai ʼn splinternuwe blaadjie om vir ʼn stres-vrye en gesonde finansiële toekoms.
Kontak DebtSafe:
Tel: 0861 100 999
E-pos: [email protected]
SMS jou naam en “info” na 30898 (gratis SMS).
Webwerf: http://www.debtsafe.co.za/
Facebook: https://www.facebook.com/DebtSafe/
Twitter: https://twitter.com/DebtSafe