‘n Maklike eenbak-resep perfek vir ‘n weeksaand
4 tot 6 porsies
6 hoenderborsies, in blokke gesny
bietjie olie
2 uie, gekap
5 ml (1 t) vars knoffel, gekap
1 ml droë gemengde kruie
1 selderystingel, fyngekap
½ rooi brandrissie, fyngekap (opsioneel)
30 ml (2 e) matige kerriepoeier
1 lourierblaar
250 ml (1 k) rou witrys
2 wortels, geskil en in dik skywe gesny
500 ml (2 k) warm hoenderaftreksel
60 ml (4 e) kookwater
knypie fyn kaneel
5 ml (1 t) sout
knypie swartpeper
125 ml (½ k) blatjang
15 ml (1 e) witasyn
h andvol vars koljander, grofgekap vir bo-oor
Stel oond op 180 °C.
- Verhit olie en soteer hoenderblokke tot dit net begin kleur kry. Skep uit en hou eenkant.
- Verhit nog olie indien nodig en soteer uie, knoffel, kruie, seldery en brandrissie tot uie sag is.
- Voeg kerriepoeier, lourierblaar en rys by. Roerbraai nog bietjie.
- Skep hoenderblokke terug en voeg wortels by.
- Meng hoenderaftreksel, kookwater, kaneel, sout, peper, blatjang en witasyn en giet oor rysmengsel.
- Plaas oondbak/kastrol in oond vir 1½ uur tot rys sag is.
- Sprinkel gekapte koljander oor en sit warm voor soos verkies.