Brei hierdie maklike poncho vir dae wanneer jy ‘n tikkie warmte nodig het
Moeilikheidsgraad: *
Wat het jy nodig?
8 balle ELLE RUSTICA CHUNKY in kleur van jou keuse of enige Chunkybreidraad
5,5 mm-naalde
6 groot knope
Steekhouer
Grootte
Pas medium-grootte (60 cm wyd)
Wenk
Vir groter groottes kan jy aanpas deur meer (onewe getal) steke op te stel (elke 15 ste is 10 cm). Gaan voort met pat so lank as wat jy dit wil hê tot by halsvorming. Vir hals, pat tot middelste 17–19 ste en heg verder af soos aangedui.
Afkortings
don – draad om naald ks – koussteek (1ste ry: r. 2de ry: aw. Herh 1ste en 2de ry.) ms – mossteek (1ste ry: (r1, aw1) tot laaste st, r1. 2de ry: herh 1ste ry.) r – regs RKV – regte kant voor VK – verkeerde kant weersk – weerskante
Aanwysings
Voorpant
Stel 91 ste op en werk 6 cm in ms. Eindig met VK-ry. Gaan deurgaans voort met 10 ste ms aan weersk en ks tussenin tot werk 15 cm lank is, eindig met VK-ry. Vlg ry (knoopsgatry): ms2, heg 2 ste af, ms2, ks tot laaste 6 ste, ms2, heg 2 ste af, ms2. Vlg ry: ms2, stel 2 ste op, ms2, aw tot laaste 6 ste, ms2, stel 2 ste op, ms2. Gaan voort in pat soos tevore en herh knoopsgatrye elke sowat 8 cm nog 2 keer. Gaan voort in pat tot werk 60 cm lank is, eindig met VK-ry. Halsvorming Pat 37, draai en laat oorbl ste op steekhouer. Gaan voort oor 37 ste en heg af aan halsrand se kant soos volg: 3 ste een keer, 2 ste een keer en 1 st 2 keer. 30 ste. Gaan voort tot werk 68 cm lank is, eindig met VK-ry. Heg af. Met RKV heg draad aan oorbl ste op steekhouer, heg 17 ste af. Pat tot einde. Gaan voort oor 37 ste en heg af aan halsrand se kant soos volg: 3 ste een keer, 2 ste een keer en 1 st 2 keer. 30 ste. Gaan voort tot werk 68 cm lank is, eindig met VK-ry. Heg af.
Agterpant
Stel 91 ste op en werk 6 cm in ms. Eindig met VK-ry. Gaan deurgaans voort met 10 ste ms aan weersk en ks tussenin tot werk 62 cm lank is, eindig met VK-ry. Pat 34 ste, draai en laat oorbl ste op steekhouer. Gaan voort oor 34 ste en heg af aan halsrand se kant soos volg: 2 ste een keer en 1 st 2 keer. 30 ste. Gaan voort tot werk 68 cm lank is, eindig met VK-ry. Heg af. Met RKV heg draad aan oorbl ste op steekhouer, heg 23 ste af, pat tot einde. Gaan voort oor 34 ste en heg af aan halsrand se kant soos volg: 2 ste een keer en 1 st 2 keer. 30 ste. Gaan voort tot werk 68 cm lank is, eindig met VK-ry. Heg af.
Kraag
Werk regterskouernaat toe. Tel op en r 72 ste om hals. Werk 4 cm in 1×1-rif, vmeer tot ongeveer 108 ste deur voor en agter in elke 2de st te brei en werk in 1×1-rif vir nog 12 cm. Heg af. Werk nek- en skouernaat toe. Werk knope aan. Lê plat neer, bedek met klam lap en laat om droog te word. Sien verpakkingsmateriaal vir versorgingsinstruksies.
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …