Geurige olies, heerlike warm water. Dis lekker om te bad en ’n studie het interessante gesondheidsvoordele daarvan uitgewys …
Saamgestel deur ZERELDA ESTERHUIZEN
’n Bad is heerlik ontspannend en die ideale manier om ‘n dag af te sluit, ons almal weet dit mos.
Vra maar net die Kapenaars en hulle sal vir jou sê dis een van die dinge wat hulle die meeste mis.
Maar navorsers in Japan sê nou ‘n warm bad is ontspannend ja, maar dit het veel meer voordele as wat jy dink.
Volgens die studie wat aan die Ehime-universiteit in Japan gedoen is, kan ‘n warm bad (so vyf of meer kere per week) help om ‘n hartaanval of beroerte te voorkom. Die ideale temperatuur is glo 41 °C. Dis gesond vir die hart en verminder die kanse van geharde, geblokkeerde are en verminder ook glo bloeddruk.
Sowat 800 mans het aan die studie deelgeneem.
BRON: www.dailymail.co.uk
Zerelda is ons adjunkredakteur en werk al vir 13 jaar met woorde by Vrouekeur. Sy het joernalistiek studeer, skryf graag kortverhale en gedigte en droom van ’n digbundel én ’n roman – voor sy 80 word.