Willie Burger kyk na die werke van twee gewilde skrywers, Deon Meyer en Irma Venter
Willie Burger
Baie mense is slegs met Deon Meyer as die skrywer van speur-riller- romans vertroud. Hy is natuurlik ook ‘n kortverhaalskrywer en veral bekend aan tydskriflesers vir sy liefdesverhale en romantiese komedies. Hierdie lekkerleesverhale is in 1997 as Bottervisse in die jêm uitgegee. Intussen het Meyer net gewilder geword en internasionale roem verwerf met romans soos Orion, Proteus, Infanta, Onsigbaar, Kobra en Ikarus. Die kortverhale uit Bottervisse in die jêm is nou weer uitgegee onder die naam Die ballade van Robbie de Wee, maar vyf nuwe verhale is ook in hierdie bundel ingesluit. Die bekendste hiervan is seker die titelverhaal.
Terwyl al die oorspronklike tydskrifverhale omtrent so tussen 12 en 14 bladsye lank is, is hierdie verhaal byna 30 bladsye lank. Dit is die skrikwekkende verhaal wat ook in 2013 verfilm is. Meyer het die draaiboek vir dié fliek geskryf waarin onder andere Neil Sandilands, Marno van der Merwe en Anna-Mart van der Merwe gespeel het. Die vervaardiger van dié rolprent, Darrell Roodt, het destyds opgemerk dat dit so maklik was om die rolprent te maak omdat Meyer se storie so deeglik deurdink Die einste bekende Deon Meyer se mening word op die buiteblad van Irma Venter se jongste boek, Skarlaken, aangehaal.
Volgens hom is dié roman ‘n bewys dat sy ‘n skrywer van “wêreldklas” is. Liefhebbers van speurrillers, daardie romans waarin geheime in vreemde en bedreigende omstandighede opgelos moet word en waarin die karakters van die een plek tot die volgende haas terwyl daar nuwe kinkels in die kabel gevind word, hou daarvan om van verdere avonture van hul gunstelingkarakters te lees en kan daarom nie wag vir die volgende boek nie. Irma Venter het in Alex Derksen en Ranna Abramson sulke karakters geskep oor wie lesers meer en meer wil lees.
Venter het in 2012 met Skoenlapper gedebuteer, ‘n ongelooflik snellopende verhaal wat op eksotiese plekke afspeel en met karakters wat die leser boei, naamlik die joernalis Alex en die geheimsinnige fotograaf en goed geskryf is, en hy in die vervaardiging op ander aspekte kon fokus. Hier is daardie deurdagte en goedgeskrewe verhaal nou vir die eerste keer as kortverhaal te lees. Soos Meyer se romans is dit meesleurend en slim uitgewerk, met verskeie skrikwekkende verrassings en wendings. Ook die ander nuwe verhale (‘n bietjie langer as die tydskrifverhale) is tipiese Meyer-stories en betrek onder meer die rugbywêreld en ‘ntoesmeerdery van die gebruik van verbode middels, wat selfs tot moord lei! Die leser maak weer met verskeie bekende speurders uit Meyer-romans kennis, maar dit is verrassend om die romantiese verhale te lees en ook enkele verhale waarin die speur-element en die romantiese element saamval.
Ranna. In Skrapnel, haar tweede roman (2013), kom ‘n derde interessante karakter by, Sarah Fourie. Sarah is ‘n rekenaar-boffin wie se gelyke nie sommer gevind kan word nie, maar sy het self ‘n duister agtergrond en kom nie eintlik met mense oor die weg nie. Een deel van die sukses van hierdie romans is die voortreflike manier waarop Venter vertel – met afwisselende perspektiewe uit die oogpunt van verskillende karakters. Sodoende weet jy wat met die een karakter gebeur, maar nie met die ander nie en kry inligting oor die bedreigings waarvan die karakters nog onbewus is. Dit lei tot daardie naelbytbekommernis oor die karakters.
In Sondebok (2014) span Alex en Ranna weer saam om ‘n ingewikkelde saak oor ‘n vermiste kunstenaar op te los en die lot van immigrante in ons land vol vreemdelingehaat word ook belig te midde van pogings om Ranna self uit die media te hou terwyl haar foto’s so sentraal in hul werk staan. In Skarlaken maak Sarah Fourie weer haar terugkeer. Sy word deur ‘nafgetrede polisieman, Jaap Reyneke, om hulp genader weens haar rekenaarkennis. (Die rekenaar- boffin speel dikwels ‘nbelangrike rol in die moderne misdaadfiksie – dink maar aan Stieg Larsson se bekende Millenniumtrilogie waarin die ondersoekende joernalis, Mikael Blomkvist, telkens onontbeerlike steun van so ‘nrekenaarkenner ontvang.)
Venter maak weer van die beproefde vertelstrategie gebruik om die vertelling tussen Jaap en Sarah af te wissel. Dit werk uitstekend. Die leser word sommer van meet af aan ingetrek in die netwerk van misdaad wanneer ‘nkunstenaar se lyk soos ‘n landskapkunswerk in haar trourok en op ‘nfiets in ‘nbevrore pan water gevind word. ‘nFassinerende blik word deur hierdie roman op DNS-speurwerk gewerp en al die verstommende inligting oor forensiese speurwerk dra grootliks daartoe by dat die leser enduit geboei word.
Willie is professor in letterkunde aan die Universiteit van Pretoria. Hy is die skrywer van Die wêreld van die storie (2018), ʼn boek oor storievertelling. Willie het oor die afgelope 20 jaar om en by 300 boeke in verskeie dagblaaie en tydskrifte geresenseer. Hiervoor is hy in 2015 met die Caxton Excellence Award vir sy resensies in Vrouekeur erken en in 2016 is die kykNet-Rapport-toekenning as “Boekresensent van die jaar” aan hom toegeken en in die daaropvolgende jare was hy elke jaar op die kortlys vir dié prys. Gedurende 2018 was het hy die boekinsetsel op kykNet se Groot Ontbyt-program aangebied. Met sy resensies en rubrieke probeer hy om literêre navorsing ook buite die grense van die akademie te versprei.