Wat dink jy is die goue getal? Een keer per dag, drie keer per week, twee keer per maand? Lees hier!
Paartjies stry. En die redes is velerlei – ons baklei oor geld, kinders, huistakies en wel … oor seks. Veral as die seks in die verhouding te min of te voorspelbaar is.
Maar is daar iets soos genoeg seks om ‘n verhouding gelukkig te hou? Navorsers aan die Universiteit van Toronto glo so. Hulle het in ‘n studie gevind dat seks eenkeer per week genoeg is om paartjies se sekslewe gesond en gelukkig te hou. Hul bevindings is in die Social Psychological and Personality Science-joernaal gepubliseer. Hulle het data van twee studies geanaliseer, wat ‘n studie oor 23 jaar van 25 000 volwassenes insluit.
Die navorsers sê baie paartjies kan in vandag se gejaagde lewe gedruk voel om meer seks per week te hê, maar een keer per week is ‘n meer realistiese doelwit.
BRONNE: http://www.spsp.org, www.indy.com