Ystervarkies is ’n Australiese gunsteling, maar dit maak ook in Suid-Afrika harte bly. Bak dit ’n slag!
25 ystervarkies
Bestanddele
KOEK
330 ml (200 g) koekmeel
15 ml (1 e) bakpoeier
1,25 ml (¼ t) sout
3 eiers
250 ml (210 g) suiker
3,75 ml (¾ t) vanieljegeursel
60 ml (¼ k) olie
160 ml ( 2/3 k) melk (kokend)
STROOP
375 ml (1½ k) water
750 ml (630 g) suiker
2,5 ml (½ t) sout
5 ml (1 t) vanieljegeursel
60 ml (¼ k) kakao
5 ml (1 t) kremetart
15 ml (1 e) botter
300 g klapper
Metode
Voorverhit oond tot 180 °C en voer koekpan van 23 cm x 23 cm met waspapier uit.
- Sif meel, bakpoeier en sout saam.
- Klits eiers, suiker en vanieljegeursel tot lig en donsig.
- Vou meelmengsel by eiermengsel in en meng goed.
- Roer olie by kokende melk.
- Meng melkmengsel by beslag in.
- Gooi in koekpan en bak vir 25 minute tot gaar. Laat koek afkoel en sny in 25 blokkies.
- Stroop Meng water, suiker, sout, vanieljegeursel en kakao in pot en kook vir twee minute op matige hitte.
- Gooi kremetart en botter by en roer tot botter gesmelt is. Verkil in yskas tot koud.
- Doop blokkies in stroop en laat dit vir paar minute op afkoelrak staan sodat ergste sous kan afdrup. Rol dan in klapper.