Hierdie is die maklikste yskastert wat jy ooit sal maak!
1 groot tert of 6 klein tertjies
Bestanddele
1 pak tennisbeskuitjies (of ander van jou keuse)
1 blik kondensmelk
1 kg jogurt (van jou keuse)
LEES OOK: Beloofde resep vir mini-kaaskoekies
Metode
- Druk tennisbeskuitjies fyn en druk dit plat in ‘n tertbak. (Geen botter is nodig nie!)
- Meng kondensmelk en jogurt.
- Gooi mengsel op die beskuitjiekors en sit dit vir ses minute op hoog in ‘n mikrogolf.
- Laat afkoel en geniet!
