8 porsies
Bestanddele
6 groot wortels, geskil
1 ui, gekap
knypie gemaalde komyn
30 ml (2 e) strooisuiker
125 ml (½ k) geroomde maaskaas
2 grasuie, gekap
Metode
1. Sny wortels in wielletjies en kook in borrelende water tot baie sag. Dreineer.
2. Smelt botter en soteer ui tot sag.
3. Voeg komyn en suiker by en soteer nog 2 min.
4. Verwyder van hitte en verpulp saam met wortels, maaskaas en grasuie in voed¬selverwerker tot glad.
5. Sit saam met broodstokkies of soos verkies voor.