Ons almal weet hoe lekker wortelkoek is, maak nou die mini-weergawe daarvan: wortelkolwyntjies!
24 kolwyntjies
Bestanddele
125 ml (½ k) olie
3 groot eiers
175 ml (165 g) strooisuiker
1 pak (440 g) wortels, grofgerasper
1 blik (160 g) fyn pynappel, gedreineer
160 ml (75 g) pekanneute, grofgekap
425 ml (225 g) bruismeel
5 ml (1 t) kaneel
5 ml (1 t) gemengde speserye
VERSIERSEL
125 ml (100 g) sagte bruinsuiker
2 (60 g) eierwitte
115 ml (60 g) versiersuiker
5 ml (1 t) vanieljegeursel
1 75 ml (166 g) botter teen kamertemperatuur
1 houer (150 g) volroom-roomkaas
pekanneut-brittle vir versiering
Metode
Voorverhit oond tot 160 °C en voer kolwyntjiepan met kolwyntjiepapiertjies uit.
- Klits olie, eiers en suiker tot effe verdik.
- Meng wortels, pynappel en neute.
- Sif meel, kaneel en speserye by wortelmengsel en meng deur.
- Gooi oliemengsel by beslag en meng.
- Skep beslag in kolwyntjiepan en bak vir 25–30 minute tot goudbruin en gaar.
- Haal uit oond en laat afkoel.
- Versiersel Roer suiker en eierwitte oor dubbelkoker tot suikerkristalle oplos.
- Klits mengsel tot dit stywepuntstadium bereik.
- Gooi versiersuiker en vanielje by en klits tot styf.
- Gooi botter in sarsies by terwyl menger op volspoed loop. Klits tot mengsel verdik, indien nie, verkil en klits weer. Gooi roomkaas by en klits deur.
- Skep in versiersak en spuit op afgekoelde kolwyntjies.
- Versier met pekanneut-brittle.