Bederf jou mense met hierdie heerlike wortelkoek!
1 groot koek
Bestanddele
KOEK
500 ml (2 k) wortel, grof gerasper
187 ml (¾ k) sultanas
100 g (1 pakkie) pekanneute, gekap
125 ml (1 klein houertjie) Purity-appel
60 ml (4 e) suurlemoensap
skil van een suurlemoen, fyn geras¬per
500 ml (2 k) koekmeel
5 ml (1 t) bakpoeier
5 ml (1 t) koeksoda
knypie sout
10 ml (2 t) fyn kaneel
5 ml (1 t) gemengde speserye
4 eiers
250 ml (1 k) strooisuiker
187 ml (¾ k) olie
5 ml (1 t) vanielje
VERSIERSEL
60 ml sagte botter
500 g (4 k) versiersuiker, gesif
125 ml (½ k) roomkaas
Metode
Stel oond op 180 °C.
1. Koek: Meng wortels, sultanas, pekanneute, appel, suurlemoensap en -skil in groot mengbak.
2. Sif koekmeel, bakpoeier, koeksoda, sout, kaneel en speserye.
3. Klits eiers en suiker tot liggeel.
4. Roer olie en vanielje by eiermengsel tot goed gemeng.
5. Meng wortelmengsel en meelmengsel. Roer eiermengsel by tot goed gemeng,
6. Verdeel beslag in twee gevoerde ronde koekpanne met 22 cm-deursnee.
7. Bak vir 25 min. of tot toetspen skoon uitkom.
8. Laat effens in koekpanne afkoel. Keer koek uit om heeltemal af te koel.
9. Versiersel: Room botter en versiersuiker tot liggeel en romerig. Meng roomkaas by.