1 koek
Bestanddele
4 eiers
250 ml (1 k) bruinsuiker
187 ml (¾ k) olie
625 ml (2½ k) koekmeel
knypie sout
15 ml (1 e) bakpoeier
5 ml (1 t) koeksoda
5 ml (1 t) fyn kaneel
knypie gemengde speserye
187 ml (¾ k) pekanneute, gekap
60 ml (4 e) papawersaad
500 ml (2 k) wortels, fyn gerasper
220 g (½ blik) fyn pynappels, gedreineer
250 ml (1 k) appelsous
5 ml (1 t) vanielje
VERSIERSEL
250 g (1 bakkie) roomkaas
500 g (1 klein pakkie) versiersuiker, gesif
2,5 ml (½ t) vanielje
Metode
Stel oond op 180 °C.
1. Klits eiers, bruinsuiker en olie vir 3 min. met elektriese klitser.
2. Sif meel, sout, bakpoeier, koeksoda, kaneel en speserye.
3. Voeg pekanneute, papawersaad, wortels, pynappel, appelsous en vanielje by eiermengsel en meng goed.
4. Roer meelmengsel by eiermengsel, maar moenie te veel roer.
5. Skep beslag in diep gesmeerde ringkoekpan met 24 cm-deursnee.
6. Bak vir 60 min. of tot toetspen skoon uitkom.
7. Laat effens in koekpan afkoel. Keer koek op afkoelrakkie uit om heeltemal af te koel.
8. Versiersel: Meng roomkaas, versiersuiker en vanielje tot glad.
9. Smeer versiersel soos verkies oor koek.