Perfek vir ‘n weeksaand – vinnig, maklik en lekker!
4 tot 6 porsies
bietjie olie
3 75 g (1 pakkie) gerookte spekworsies
(Enterprise)
375 g (½ blok) ham, in blokkies gesny
2 uie, fyngekap
10 ml (2 t) vars knoffel, gekap
2,5 ml (½ t) droë pietersielie
1 selderystingel, fyngekap
312 ml (1¼ k) rou witrys
5 ml (1 t) borrie
812 ml (3¼ k) warm hoenderaftreksel
1 rooi soetrissie, ontpit en in blokkies
gesny
1 groen soetrissie, ontpit en in blokkies
gesny
250 ml (1 k) bevrore pitmielies
sout en gemaalde swartpeper na smaak
- Verhit bietjie olie en soteer worsies tot amper gaar. Voeg hamblokkies by en soteer drie minute. Skep uit en hou eenkant.
- Verhit nog olie indien nodig. Soteer uie, knoffel en pietersielie tot uie sag is. Voeg seldery by en soteer nog twee minute.
- Voeg rys en borrie by tot gemeng. Voeg hoenderaftreksel by. Prut rys oor matige hitte vir 25 minute.
- Voeg soetrissies en bevrore pitmielies by rys. Kook vir nog vyf minute of tot rys sag is en vloeistof geabsorbeer is.
- Skep worsies en ham terug by rys in kastrol. Roer deur en kook vir drie minute. Indien nodig, kan jy nog bietjie kookwater byvoeg as rys te droog word.