6 porsies
Bestanddele
750 g (2 x 375 g) plaasworsies, in stukkies gesny
500 g (1 bottel) bolognesepastasous
2 uie, fyn gekap
2,5 ml (½ t) vars gekapte knoffel
1 rooi soetrissie, in blokkies gesny
1 groen soetrissie, in blokkies gesny
knypie droë origanum
knypie droë basiliekruid
250 ml (1 k) mozzarellakaas, gerasper
Metode
1. Plaas alle bestanddele behalwe mozzarellakaas in prutpot.
2. Bedek en kook vir 6 uur op lae hitte.
3. Sprinkel kaas bo-op en verhit nog 30 min. op hoë hitte of tot kaas gesmelt is.
4. Sit saam met rys voor.