Hierdie worsiemuffins is die ideale happie of lekker om in jou kosblik te pak!
16 standaardmuffins
Bestanddele
375 g (1 pakkie) kaasworsies
3 ekstragroot eiers
15 ml (1 e) strooisuiker
250 ml (1 k) avokado-olie
250 ml (1 k) volroommelk
750 ml (3 k) koekmeel
20 ml (4 t) bakpoeier
2,5 ml (½ t) sout
3 grasuie, fyngekap
5ml (½ t) droë Italiaanse kruie
knypie rooipeper
250 ml (1 k) cheddarkaas, gerasper
Metode
Stel oond op 180 °C.
- Verhit worsies in warm braaipan waarby bietjie water gevoeg is. Laat worsies vir ses minute kook vandat braaipan goed warm is. Dreineer oortollige water.
- Laat worsies bietjie afkoel en sny in dun skyfies.
- Klits eiers, strooisuiker en olie tot gemeng. Voeg melk by.
- Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam in mengbak.
- Roer gaar worsies, grasuie, kruie, rooipeper en kaas by.
- Voeg eiermengsel by meelmengsel en roer liggies tot deeg vorm.
- Skep deeg in groot muffinpanne wat met kossproei gespuit is. Moenie meer as ¾ vol skep nie.
- Bak vir 18 minute of tot gaar in middel wanneer dit met toetspen getoets word.
- Laat op afkoelrakkie afkoel.