Bederf jou mense met hierdie lekker worshappies oftewel ‘varkies in die kooi’
Bestanddele
Genoeg vir 36 varkies
430 ml (280 g) koekmeel
1,25 ml (. t) rooipeper
5 ml (1 t) bakpoeier
2,5 ml (1/. t) Aromat (kaasgeur)
105 ml (100 g) koue botter, in blokkies gesny
310 ml (200 g) kaas, fyngerasper
30 ml (2 e) parmesaan
180 ml yswater
1 pak (500 g) mini-rooiworsies
1 eier, geklits
2 ℓ olie
Metode
- Sif meel, rooipeper, bakpoeier en Aromat saam.
- Vryf botter by mengsel in.
- Voeg kase by krummels en roer yswater geleidelik by.
- Roer totdat mengsel deegbal vorm.
- Bedek deeg met kleefplastiek en verkil in yskas vir 30 minute.
- Gooi olie in groot pot en verhit.
- Haal worsies uit pak en vryf droog.
- Verdeel deeg in twee dele en rol op meelbestrooide oppervlakte in sirkel van 27 cm uit. Sny sirkel soos pizza in 16 stukke.
- Plaas worsies op grootste gedeelte van skyf deeg en rol dit op. Smeer punt met geklitste eier om te heg.
- Diepvetbraai in matige warm olie tot goudbruin en gaar.
- Bedien met soetrissiesous of mosterd.