As jy nog wonder hoe om Vadersdag te vier kan jy beslis dié dekadente pastei probeer
Só ’n heerlike pastei verdien ’n wyn propvol sappige swart en rooi vrugte, asook ’n tikkie pikantheid en spesery. Dié kry jy in Zonnebloem se smaaklike rooi versnit van shiraz, mourvèdre en viognier.
Koop die Zonnebloem Shiraz Mourvèdre Viognier by jou supermarkte of wynwinkels teen ’n kleinhandelprys van sowat R70.
Koedoe-wildspastei
• Lewer 8 tot 10 porsies
Bestanddele
Vulsel
60 g botter
1 ui, fyn gekap
2 knoffelhuisies, fyn gedruk
1 kg koedoe, in blokkies gesny, of ander wildsvleis
250 g pancetta, in blokkies gesny
500 g gemaalde varkvleis
500 g gemaalde hoendervleis (of gebruik 1 kg gemaalde varkvleis)
knippie kaneel, neut en wonderpeper
groot bos pietersielie, gekap
skil van 2 lemoene
500 ml (2 k) aftreksel van goeie gehalte* (van bene wat baie gelatien bevat sodat die aftreksel tot ’n jellie stol wanneer dit afkoel)
Kors
700 g meelblom
1,5 t sout
2 eiers, geklits
350 ml water
120 g botter
120 g varkvet
1 geklitste eier vir die glasuursel
Bessieglasuursel
400 g bevrore bessies
3 e (60 g) suiker
• Verhit oond tot 200 °C.
1 Voer koekpan met uitdrukbodem van 21 cm x 9 cm hoog uit of spuit met kossproei.
2 Verhit botter in kastrol en braai ui tot sag. Voeg knoffel by en braai vir nog ’n minuut.
3 Gooi in bak en meng saam met res van bestanddele vir vulsel, behalwe aftreksel.
4 Kors Meng meelblom en sout saam. Breek een eier in middel van mengsel en meng rofweg met mes.
5 Plaas water, botter en varkvet in kastrol. Verhit tot dit effens prut.
6 Gooi water in meelblom sodra dit kook en meng met mes terwyl jy dit doen.
7 Keer deeg op oppervlak uit wanneer al die water ingegooi is en knie paar minute lank tot glad. Gebruik onmiddellik (deeg word hard as dit staan).
8 Sny een derde van deeg af. Rol res van deeg uit om bodem en sykante van koekpan te bedek, met klein bietjie ekstra. Voer pan só met deeg uit dat ’n bietjie daarvan oorhang.
9 Rol een derde-porsie tot groot skyf en sit eenkant om bo-op te plaas. Plaas vulsel binne-in pastei en bedek met deegskyf. Gebruik geklitste eier om rande te verseël.
10 Knyp rande met jou vingers en versier bokant van pastei met oortollige deeg. Sorg dat daar ’n gat van enkele millimeters in deursnee bo in middel is.
11 Plaas op bakplaat in oond om drupsels op te vang en bak vir 30 minute. Verminder hitte tot 160 °C en bak vir nog twee uur.
12 Maak aftreksel warm en gooi deur gat bo in middel tot in pastei. Laat afkoel.
13 Bessieglasuursel Verhit bessies en suiker in kastrol oor matige hitte tot suiker gesmelt het, en bessies net-net sag begin word. Verwyder van hitte en bedien warm of koud.
*Let wel
Gewone aftreksel van ’n blokkie of pakkie sal nie vir hierdie resep deug nie. Vra jou slagter of hy jellie-aftreksel vir die pastei het. Jy kan jou eie maak deur drie of vier varkpootjies oornag in ’n bedekte oondbestande kasserol in die oond teen 140 °C te laat prut.
Meer inligting
• Volg Zonnebloem op Facebook en/of Twitter.
• Besoek ook Zonnebloem se webwerf vir meer inligting oor dié wynplaas en sy wyne.