Sit ’n ontbyt met eiers en salm voor wat nie net mooi lyk nie, maar ook lekker proe
4 porsies
BESTANDDELE
8 eiers, geskei
60 ml (¼ k) sterk cheddarkaas, gerasper
2,5 ml (½ t) knoffelsout
knypie paprika
knypie brandrissievlokkies
5 ml (1 t) pietersielie
100 g salm
2 avokado’s, in skyfies gesny
METODE
Stel oond op 180 ˚C.
1 Klits eierwitte tot sagtepuntstadium.
2 Vou kaas en geurmiddels versigtig by eierwitte in.
3 Voer bakplaat met bakpapier uit. Skep twee eetlepels van eierwitmengsel op bakplaat en maak dammetjie met agterkant van lepel.
4 Gooi oorblywende eiergeel versigtig in gaatjie.
5 Bak vir ses minute of tot wit net begin verkleur.
6 Pak salm en avokado-skyfies bo-op en sit voor.
Suzanne is al vir die laaste 10 jaar deel van die Vrouekeur-kosspan.
Sy is passievol oor lekker, maklike en gesonde resepte wat almal kan maak.
Sy is mal oor reis, goeie wyn en lekker geselskap.
As sy nie in die toetskombuis is nie, kan jy haar weekliks op KykNET se Die Groot Ontbyt sien of in die klas by Steyns Culinary School waar sy onderrig bied.