Ryan Shell vier in September vanjaar sy derde jaar as uitvoerende sjef by Haute Cabrieré Cellar-restaurant op Franschhoek, nadat hy vir geruime tyd ’n lektor by die Prue Leith Chefs Academy in Johannesburg was. Hier deel hy ‘n resep vir witsjokoladefondant.
Ryan se witsjokoladefondant
250 g botter
250 g witsjokolade
5 eiers
5 eiergele
125 g suiker
60 g meel
1. Smelt sjokolade en botter oor kookwater tot dik sous.
2. Klop eiers, eiergele en suiker tot wit en dik. Vou meel by.
3. Voeg sjokolade-en-botter-mengsel by en meng goed.
4. Spuit jou bakkies met kleefweerder en sprinkel bietjie meel in.
5. Skep mengsel in bakkies – maak net twee derdes vol.
6. Bak vir agt minute in voorverhitte oond van 180 °C.
7. Laat afkoel vir een minuut voor jy poeding uit bakkie dop.
8. Bedien met roomys – dis heerlik met ’n bittersjokolade- of beetroomys.