Gebruik hierdie maklike resep en maak ’n wildspatei met die wildsvleis in jou vrieskas
4 porsies
Bestanddele
3 kg wildsboud of -blad
750 ml (3 k) karringmelk
1 lourierblaar
1 roosmaryntakkie
3 tiemietakkies
200 g stukkies spek
1 ui, gekap
5 ml (1 t) fyn knoffel
5 ml (1 t) fyn naeltjies
10 ml (2 t) fyn koljander
1 ℓ (4 k) beesaftreksel
250 g (1 pakkie) sampioene, gekap
1 rooi soetrissie, gekap
1 wortel, gerasper
DEEG
250 ml (1 k) koekmeel
250 ml (1 k) polenta
15 ml (1 e) bakpoeier
250 ml (1 k) melk
125 ml (½ k) olie
3 eiers
1 ui, in ringe gesny
Metode
Stel oond op 180 ˚C.
- Sny boud in kleiner stukke en marineer oornag in karringmelk, lourierblaar, roosmaryn en tiemie.
- Verhit olie en braai spek tot gaar, hou eenkant.
- Braai ui en knoffel in dieselfde pot tot sag. Gooi speserye by en gooi spek terug in pot. Braai tot geure loskom.
- Vee karringmelk van vleis af en gooi saam met aftreksel in pot.
- Kook vir 4–5 uur of tot vleis baie sag is en uitmekaar begin val.
- Gooi sampioene, soetrissie en wortels by en kook tot sag.
- Skep vleis uit en maak vleisgarings deur vleis met vurk uitmekaar te trek.
- Skep hele mengsel in oondbak.
- Deeg Meng droe bestanddele. Klits nat bestanddele by droe bestanddele.
- Gooi beslag oor vleismengsel en pak uieringe bo-op. Bak vir 30–40 minute of tot kors gaar is.
Wenk
As die sous te dun is, kan jy dit met ’n bietjie mielieblom verdik