Van al die koekies in die wêreld is dié delikate Weense vingerkoekies, Mareli Visser, ons bak-goeroe, se gunsteling. Dis maklik om te maak en een baksel sal nie genoeg wees nie!
Bestanddele
36 koekies
250 g botter, teen kamertemperatuur
125 ml (½ k) versiersuiker
5 ml (1 t) vanieljegeursel
500 ml (2 k) koekmeel
125 ml (½ k) mielieblom (Maizena)
240 g (3 blokke) donkersjokolade
Bak ook hierdie lekker gemmerkoekies – met barsies en al!
Metode
Verhit oond tot 180 °C en voer bakplaat met waspapier uit.
- Room botter, versiersuiker en geursel tot lig en donsig.
- Sif meel en mielieblom by en vou met deegskraper in totdat deeg bind. Moenie oorwerk nie.
- Skep deeg in spuitsak met groot oop sterpunt en spuit 7,5 cmvingers.
- Plaas bakplaat in vrieskas en verkoel deeg vir 15 minute.
- Bak vir 15 minute tot goudbruin en laat in pan afkoel.
- Kap sjokolade fyn en smelt in mikrogolf.
- Doop koekies se punte versigtig in gesmelte sjokolade en pak op waspapier om te stol.
Wenk
Gebruik gehaltebaksjokolade as jy dit in ’n blik wil stoor en in die somer wil bedien. Dit smelt nie so maklik.