Maak ’n sagopoeding wat almal tevrede sal stel
Deur MARLO KITSHOFF-CARSTENS en SUZANNE CROZIER
4 porsies
Bestanddele
250 ml (1 k) sago
312 ml (1 ¼ k) water
750 ml (3 k) volroommelk
1 ml sout
2 ekstragroot eiers, geskei
187 ml (¾ k) suiker
2,5 ml (½ t) vanieljegeursel
LEES OOK: Pepermentpoeding met net 4 bestanddele
Metode
- Week sago vir twee ure in water.
- Verhit melk en sout saam in kastrol tot warm.
- Gooi sago by warm melk. Verhit tot kookpunt oor matige hitte terwyl gereeld geroer word.
- Draai stoofplaat se hitte laer en prut oor lae hitte tot sago sag en deurskynend is, ongeveer 15 minute. Roer gereeld sodat mengsel nie brand nie.
- Roer eiergele en suiker saam. Roer vinnig by warm sagomengsel.
- Prut nog vier minute terwyl geroer word. Verwyder van stoofplaat.
- Roer vanieljegeursel by.
- Klits eierwitte met elektriese klitser tot stywepuntstadium en vou by sagomengsel in.
- Skep in bakkies en sit warm saam met gouestroop voor.