Avokado’s is heerlik in menige gereg en beslis gesond. Maak hierdie warm quinoa-en-avokado-slaai
Deur MARLO KITSHOFF-CARSTENS
Assistent SUZANNE CROZIER
4 porsies
Bestanddele
750 ml (3 k) water
1 blokkie groente-aftreksel
1 ml sout
250 ml (1 k) quinoa
30 ml (2 e) avokado-olie
1 ui, fyngekap
1 rooi soetrissie, ontpit en in groot blokke gesny
handvol vars pietersielie, gekap
125 ml (½ k) dennepitte, liggies gerooster
250 g halloumi-kaas
1 avokado, geskil en in repe gesny
45 ml (3 e) avokado-olie
10 ml (2 t) suurlemoensap
5 ml (1 t) suiker
5 ml (1 t) vars pietersielie, gekap
LEES OOK: Spek-biltong-en-avokadoslaai
Metode
- Verhit water, groente-aftreksel en sout tot kookpunt in kastrol. Voeg quinoa by en kook vir 15 minute of tot gaar. Spoel af en dreineer. Skep in bak.
- Verhit olie en soteer ui tot sag. Voeg soetrissie en pietersielie by en soteer nog vier minute. Skep by quinoa. Roer deur.
- Verhit braaipan sonder enige olie en rooster dennepitte. Skud braaipan gereeld sodat dennepitte eweredig kan verbruin. Skep uit.
- Gebruik dieselfde braaipan en braai halloumi aan albei kante tot goudbruin.
- Skep quinoa in opdienbord. Plaas dennepitte, avokado en gebraaide halloumikaas bo-op.
- Meng avokado-olie, suurlemoensap, suiker en pietersielie. Bedien oor quinoa.