Jy kan ook hoenderstukkies braai en by hierdie warm groente-en-lensie-slaai met avokadoslaaisous voeg
4 porsies
Bestanddele
3 wortels, in ringetjies gesny
olie
5 ml (1 t) fyn komyn
sout en peper
4 bete, in agtstes gesny
250 ml (1 k) lensies
500 ml (2 k) hoenderaftreksel
1 eiervrug, in blokkies gesny
150 g (1 pak) roketblare
80 ml (1/3 k) gevlokte amandels
SOUS
1 avokado
100 g (1 rolletjie) bokmelkkaas
60 ml (¼ k) melk
Metode
Stel oond op 180 ˚C.
- Meng wortels met bietjie olie en sprinkel met komyn, sout en peper. Sit op bakplaat.
- Meng beet met bietjie olie en sprinkel met sout en peper.
- Kook lensies in aftreksel tot sag, dreineer en hou eenkant.
- Braai eiervrug tot sag.
- Pak roketblare in opdienbord gevolg deur groente, lensies en amandels.
- Sous Maak avokado met vurk fyn en meng met kaas en melk. Skep oor slaai en bedien dadelik.