8 porsies
500 ml (2 k) koekmeel
20 ml (4 t) bakpoeier
2,5 ml (½ t) sout
80 ml (1/3 k) strooisuiker
2 ekstragroot eiers
375 ml (1½ k) volroommelk
60 ml (4 e) olie
AARBEISOUS
10 ml (2 t) mielieblom
45 ml (3 e) suiker
410 g (1 blik) aarbeie met stroop
1 Sif koekmeel, bakpoeier, sout en strooisuiker saam in mengbak.
2 Klits eiers, melk en olie saam. Roer melkmengsel by meelmengsel tot deeg.
3 Laat staan vir 20 minute. As deeg te dik is, kan bietjie water bygevoeg word.
4 Verhit wafelmaker, spuit met kossproei en skep deeg (ongeveer 80 ml) in wafelmaker.
5 Bak vir ongeveer drie minute tot ligbruin. Plaas op afkoelrakkie om heeltemal af te koel.
6 Aarbeisous Meng mielieblom en suiker saam. Voeg klein bietjie van aarbeistroop by mielieblom om pasta te maak. Roer tot glad en sonder klonte.
7 Giet aarbeistroop in kastrol en roer mielieblommengsel vinnig daarby. Roer tot sous begin verdik.
8 Roer aarbeie by en laat op warm stoofplaat sodat aarbeie warm kan word.
9 Sit aarbeisous saam met wafels voor.