Bestanddele
Papaja-en-muesli-smoothie
4 glase
250 ml (1 k) volroom melk
250 ml (1 k) natuurlike jogurt
60 ml(4 e) suiker
500 ml (2 k) papaja, ontpit, geskil en in blokkies gesny
60 ml (4 e) muesli
Gesonde vrugtesmoothie
4 glase
2 pere, ontpit en met skil, in blokkies gesny
2 groen Granny Smith-appels, ontpit en in blokkies gesny
3 kiwi’s, geskil en in blokkies gesny
250 ml (1 k) vetvrye natuurlike jogurt
125 ml (½ k) vetvrye melk
10 ysblokkies
Metode
Papaja-en-muesli-smoothie
1 Plaas alles saam in versapper en verpulp tot glad.
2 Giet in glase. Sit dadelik voor.
2 Sprinkel muesli en neute oor vir versiering.
Gesonde vrugtesmoothie
1 Plaas pere, appels en kiwi’s in voedselverwerker en verpulp tot fyn.
2 Voeg jogurt, melk en ysblokkies by en kap weer tot fyn.
3 Giet in glase en sit dadelik voor.
WENK Sit glas in blikbord met ment en vrugte in bord