Bak lekker koekies vir die huis. Dis lekker en vul ’n honger kol!
BESTANDDELE
• ongeveer 60 koekies
500 ml (2 k) koekmeel
10 ml (2 t) bakpoeier
2,5 ml (½ t) sout
250 ml (1 k) klapper
250 ml (1 k) muesli
125 ml (½ k) sultanas
500 ml (2 k) gougaarhawermout
625 ml (2 ½ k) Kellogg’s-graanvlokkies, fyner gemaak
100 g (1 pakkie) pekanneute, grofgekap
250 g (½ blok) sagte botter
250 ml (1 k) suiker
250 ml (1 k) ligte bruinsuiker
2 ekstragroot eiers
10 ml (2 t) koeksoda
45 ml (3 e) volroommelk
60 ml (4 e) gladde grondboontjiebotter
7,5 ml (1½ t) vanieljegeursel
METODE
• Stel oond op 180 °C.
1 Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam in mengbak.
2 Roer klapper, muesli, sultanas, hawermout, graanvlokkies en pekanneute by gesifte meelmengsel. Roer tot gemeng.
3 Room botter en suiker tot liggeel met elektriese klitser. Voeg eiers by en klits tot gemeng.
4 Meng koeksoda by melk tot opgelos en voeg by bottermengsel.
5 Voeg ook grondboontjiebotter en vanieljegeursel by. Klits weer met elektriese klitser tot net gemeng.
6 Roer nou meelmengsel by bottermengsel tot goed gemeng.
7 Skep teelepels vol van deeg en rol in balletjies.
8 Plaas op bakplaat wat met kossproei gespuit is en bak vir 14 minute of tot liggoudbruin bo-op.
9 Laat bietjie afkoel en skep op afkoelrakkie om heeltemal af te koel.
10 Berg in lugdigte houer.