Ná ’n besoek aan Frankryk was Mareli Visser versot op hierdie elegante vrugtetertjies. Die geskroeide botter gee ’n unieke smaak aan die smelt-in-die-mondkors
Deur MARELI VISSER
6 tertjies
Bestanddele
DOPPIES
180 ml (¾ k) botter
80 ml (1/3 k) water
30 ml (2 e) olie
30 ml (2 e) suiker
1,25 ml (¼ t) sout
500 ml (2 k) koekmeel
VULSEL
60 ml (¼ k) suiker
45 ml (3 e) mielieblom (Maizena)
15 ml (1 e) koekmeel
1,25 ml (¼ t) sout
3 eiergele
375 ml (1½ k) melk
30 ml (2 e) botter
5 ml (1 t) vanieljegeursel
1 houer bloubessies
Metode
Verhit oond tot 200 °C.
- Doppies Smelt botter, water, olie, suiker en sout in pot totdat botter aan kant begin verbruin.
- Verwyder van hitte en roer koekmeel by totdat deeg vorm.
- Druk deeg in tertpannetjies om kors te vorm en prik met vurk.
- Bak vir 10 minute tot goudbruin en laat afkoel.
- Vulsel Klits suiker, mielieblom, koekmeel, sout en eiergele tot glad.
- Roer melk by en plaas op matige hitte, kook tot dik en gaar.
- Verwyder van hitte en roer botter by tot glad en voeg dan vanieljegeursel by. Skep in glasbak, bedek met kleefplastiek en verkoel in yskas vir twee uur.
- Spuit vulsel in tertdoppies en versier met bloubessies.