Hier is ‘n lekker variasie van ‘n gewone vrugteslaai – vrugteslaai met kaas!
4 porsies
Bestanddele
VRUGTESLAAI
1 pak aarbeie, gehalveer
1 pynappel, geskil en in blokke gesny
paar vars lietsjies, afgeskil
1 tros groen druiwe
15 ml (1 e) strooisuiker
paar mentblaartjies
SOUS
bietjie olyfolie
2 uie, gekap
5 ml (1 t) vars knoffel, gekap
250 g (1 pakkie) spek, in blokkies gesny
60 ml (4 e) wit balsemieke asyn
10 ml (2 t) suiker
30 ml (2 e) vars pietersielie, gekap
swartpeper
GEBRAAIDE KAAS
600 g haloumikaas, in dik repe gesny
80 g (1 pakkie) vars roketblare
Metode
- Vrugteslaai Skep vrugte in mengbak en roer suiker en mentblaartjies by. Plaas in yskas tot benodig.
- Sous Verhit olie en soteer uie en knoffel tot sag.
- Voeg oorblywende bestanddele by en soteer vir nog drie minute oor matige hitte. Hou eenkant.
- Gebraaide kaas Verhit braaipan en braai haloumi vinnig aan albei kante tot ligbruin.
- Skep gebraaide haloumi by sous.
- Skep vrugteslaai op helfte van bord. Pak roketblare op ander helfte van bord en sit gebraaide kaas bo-op.
- Sit dadelik voor.