Vrugtekoek is sinoniem met Kersfees. Bak joune betyds en bestook hom met brandewyn
1 x 20 cm-koek
Bestanddele
3 10 ml (175 g) pekanneute, grof gebreek
100 g groen kersies
100 g rooi kersies
750 g vrugtekoekmengsel
60 ml (¼ k) brandewyn
475 ml (250 g) koekmeel
5 ml (1 t) gemengde speserye
2,5 ml (½ t) neutmuskaat
2,5 ml (½ t) fyn kaneel
2,5 ml (½ t) bakpoeier
260 ml (250 g) botter
295 ml (250 g) suiker
2,5 ml (½ t) melasse
170 ml (90 g) koekmeel
6 eiers
60 ml (¼ k) brandewyn
Metode
Voorverhit oond tot 180 °C en voer een 20 cm-koekpan met dubbele laag bakpapier op bodem en teen kante uit.
- Meng neute, kersies, vrugtekoekmengsel en brandewyn.
- Sif koekmeel, speserye en bakpoeier saam.
- Room botter, suiker en melasse tot lig en donsig.
- Gooi koekmeel by en meng goed.
- Klits eiers een op ‘n slag by en meng goed.
- Gooi eiermengsel en meelmengsel by vrugte en meng goed deur.
- Skep beslag in koekpan.
- Bak vir 70 minute tot gaar.
- Bedruip warm koek met brandewyn en stoor in lugdigte houer.
Mareli Visser is die wenner van Koekedoor 1,’n realiteitsprogram op KykNET. Sy is ook die skrywer van “UITGERYS” ‘n Afrikaanse resepteboek wat spesialiseer in brood. Sy is die aanbieder van haar eie bakprogram op VIA TV – Die Koektannie. En daarby saam sorg sy ook elke week vir heerlike gebak in Vrouekeur.