1 klein vrugtekoek
Bestanddele
500 g (1 pak) koekvrugte
100 g (1 pakkie) heel rooi glanskersies
250 ml (1 k) strooisuiker
100 g (½ blok) botter
250 ml (1 k) water
500 ml (2 k) koekmeel
7,5 ml (1½ t) koeksoda
2,5 ml (½ t) gemengde speserye
knypie sout
1 eier
75 ml (5 e) brandewyn
125 ml (½ k) brandewyn (opsioneel)
VERSIERSEL
appelkooskonfyt
750 g marsepein
1,5 kg (2 bakkies) plasiekversiersel (pettinice)
pienk sjokoladepoeierkleursel of jelkleursel
1 m groen lint
Metode
Stel die oond op 160 °C.
1. Plaas koekvrugte, kersies, suiker, botter en water in kastrol en kook oor matige hitte vir 10 min.
2. Verwyder van hitte en laat eenkant om af te koel.
3. Sif meel, koeksoda, gemengde speserye en sout. Roer by vrugtemengsel.
4. Klits eier en brandewyn. Roer by meelmengsel tot deeg vorm.
5. Voer koekpan met 20 cm-deursnee met twee lae bruinpapier.
6. Skep deeg in gevoerde pan.
7. Bak vir 1¼ uur of tot toetspen skoon uitkom. Skakel oond af. Maak oonddeur effens oop en laat koek in oond afkoel.
8. Giet brandewyn bo-oor (opsioneel).
9. Keer koek uit wanneer dit heeltemal afgekoel het.
10. Om geskenkkoek te maak: Om geskenkkoek te maak het jy twee klein vrugtekoeke nodig. Bak koek dus twee keer.
11. Sny koeke effens gelyk bo-op as dit nie gelyk is nie. Smeer bietjie appelkooskonfyt oor een koek en plaas tweede koek bo-op.
12. Versiersel: Plaas dun lagie marsepein bo-oor koek en smeer met eierwit gelyk.
13. Kleur ¾ van plastiekversiersel pienk . Rol dunner uit en plaas bo-oor koek.
14. Plak kolle wat uit orige wit plastiekversiersel gedruk is met eierwit op koek.
15. Rond koek met lint af om soos geskenk te lyk.