As jy baie skuldig voel om net sjokolade te eet, sit vrugte en neute by en maak vrugte-en-neutsjokoladehappies!
6–8 porsies
Bestanddele
200 g witsjokolade
50 g (½ pak) gevlokte amandels
50 g (½ pak) pekanneute, gekap
50 g (½ pak) bosbessies
5 0 g (½ pak) gedroogde appelkose, gekap
50 g versuikerde lemoenskil
Maak ook hierdie skuimpienessies met sjokolademousse
Metode
- Spuit stuk foelie liggies met kossproei.
- Kap sjokolade fyn en smelt.
- Skep eetlepels vol op foelie en sprinkel met neute en vrugte.
- Laat hard word en trek van foelie af.
