Ongeveer 8 pannekoeke
2 eiers
250 ml (1 k) volroommelk
30 ml (2 e) olie
5 ml (1 t) suurlemoensap
250 ml volkoringmeel
knypie sout
WORSIEVULSEL
bietjie olie
1 ui, gekap
3 75 g (1 pakkie) plaasworsies van
Enterprise
3 8 g (1 pakkie) Knorr Black Pepper
Sauce
250 ml (1 k) kokende volroommelk
60 ml (4 e) blatjang
15 ml (1 e) mayonnaise
1 Klits eiers, melk, olie en suurlemoensap saam.
2 Roer volkoringmeel en sout by. Meng goed.
3 Plaas beslag vir twee uur in yskas.
4 Skep net genoeg gesmelte botter in dikboombraaipan. Skep ongeveer 30 ml (2 e) beslag in pan sodat hele pan vol kan loop.
5 Braai tot goudbruin aan een kant en draai om.
6 Skep uit op bord en bedek met klam vadoek.
7 Worsievulsel Verhit bietjie olie en soteer ui tot sag.
8 Voeg worsies by en soteer tot gaar.
9 Giet pepersous oor worsies in braaipan. Roer tot gemeng.
10 Roer kokende melk stadig by. Kook tot sous dik is.
11 Roer blatjang en mayonnaise by.
12 Sit worsievulsel in pannekoeke